Skip to product information
1 of 6

Vroue Saam eBook

Naomi Jacobs

Regular price R 280.00
Regular price Sale price R 280.00
Sale Sold out
Tax included.
Style

Vroue Saam is opgedeel in 40 weke. Elke week handel oor ‘n ander vrou in die Bybel se wedervaringe. Die idee van 40 weke gaan oor jou persoonlike wandel met jou Meester. Werk rustig deur die lewe van elke vrou, een per week. Gee Hom die kans om in hierdie onafgebroke 40 weke jou te herskep, jou nuut te maak, groei te bring. Jy het nodig om heeltyd met sy Woord langs jou oopgeslaan, deur die boek te werk. Hierdie is nie ‘n vinnige tjoef-tjaf leesboek nie. Jy gaan lees en ervaar hoe die Heilige Gees my persoonlik aangespreek en bemoedig het. Hy het my onderrig en tereggewys, aangehelp en opgehelp - en van Homself in my ingeweef. So wil Hy vir jou ook doen. In 40 weke vorm Hy ‘n volmaakte nuwe lewe binne-in ‘n moeder se skoot... dink net wat Hy vir jou wil kom doen in hierdie 40 weke van introspeksie.

Jy begin die 40 weke met jou soos jy vandag is. Jy vertel Hom hoe jy, jou voete, voel en lyk. Jy vertel hom hoe jou lewenspad tot vandag toe geloop het... Dan vanaf week 2 laat jy die Heilige Gees toe om met jou deur die lewens van gister se vroue te stap, om te leer uit hulle ervarings. In week 40 vertel jy Hom dan van jou drome oor more... pen dit neer op papier en waag dit om Hom te vertrou! Hy gaan nie by ‘n moeder, by ‘n vrou se opregte gebede verby nie, Hy talm en luister na jou. Word aangeraak deur jou Meester, Hy is daar vir jou.

*******

Kom ons kyk elkeen vir ‘n oomblik af na ons eie voete. Hoe lyk en hoe voel jou voete in jou huidige paar skoene? Jy is die een wat weet waar dit seermaak, en jou voete moeg en uitgeput laat voel. Jy is die een wat weet of daardie paar met die hoë hakkies jou ongemaklik laat loop, en of jy dalk soos ek, net jou energieke self is in jou paar drafskoene, of sommer helemaal sonder skoene …

Feit bly staan, al druk ons skoene ons sommige dae tot diep binne-in die ongemaklikheid in, of al voel ‘n volgende paar weer ongemaklik groot omdat dit bly uitglip van die hak van jou voet af, daar is net een vrou in jou skoene, endit is jy!