Skip to product information
1 of 6

Spore eBook

Rosa Duvenhage

Regular price R 220.00
Regular price Sale price R 220.00
Sale Sold out
Tax included.
Style

Wetenskaplikes het ‘n eksperiment met muise gedoen.  Die muise is in diep water geplaas, waar hulle vir omtrent ‘n uur lank kon swem voordat hulle moeg geraak en begin sink het.  Die muise is uit die water gehaal, drooggemaak, gevoer en gelos om te rus.

Die volgend dag het hulle die eksperiment herhaal, maar hierdie keer kon die muise vir sestig ure lank swem.  Die rede hiervoor was dat die muise hoop gehad het dat iemand hulle sou red.

Spore is ‘n boek vol stories van hoop, stories wat jou sal inspireer om, ten spyte van die lewe se uitdagings, nie tou op te gooi nie.  Om aan te hou en uit te hou en om in geloof te sien hoe God jou seën, jou vyande verslaan en jou grondgebied vergroot.

 

Geniet hierdie boek in jou gunsteling eBook formaat!