Skip to product information
1 of 5

Kaalvoet

Rosa Duvenhage

Regular price R 200.00
Regular price Sale price R 200.00
Sale Sold out
Tax included.

Vanoggend lê die strand soos ‘n skoon bladsy voor my.  ‘n Bladsy waarop daar plek is vir ‘n duisend stories.

Stories oor mense en plekke.  Stories oor geloof, liefde, genesing en God se hand in alles!

Ek glo die Here praat met elkeen van ons op verskillende maniere.  Die Here praat met my deur my kinders, die skulpies op die strand, die ryloper langs die pad, die volmaan op ‘n soet someraand, die dierbare kreukelgesig vrou in my kombuis.

Ek bid gereeld: “Here, gee vir my ‘n hart vir dit waarvoor U ‘n hart het.”

Hierdie boek is prakties, eenvoudig en ek glo uit God se hart.  Uit myself kan ek nie ‘n woord skryf nie of ‘n mens aanraak nie, maar wanneer die Heilige Gees ‘n storie in my hart deponeer, skryf ek…