Skip to product information
1 of 6

Grepies Uit My Lewe eBook

Joey Meyer

Regular price R 220.00
Regular price Sale price R 220.00
Sale Sold out
Tax included.
Style

Grepies uit my lewe, geskryf deur Joey Meyer is ‘n boek kleurvol gepak met ‘n reënboog van emosies. Dit bestaan uit ware staaltjies uit die skryfster se lewe wat sy vaspen met ‘n lekkerlag humor, maar ook met ‘n diep deernis wat spontaan ‘n traan ontlok. Sy vertel ook van ‘n swaarkry lewe en neem ons op die pad van gevangennisskap en die bevryding van ‘n narsis. Met hope humor en ‘n binne-vreugde leer sy ons dat daar oorwinning is in en deur ons Abba Vader en dat Sy genade vir ons genoeg is. Grepies uit my lewe…

Joey Meyer se bundel van kortverhale kan jou laat skaterlag of lekker huil. Verhale wat mens laat nadink oor persoonlike ervaringe en ander stories wat rustigheid en ‘n ligter gemoed verseker. Grepies kan oor en oor gelees word en daar is ‘n storie vir goeie en slegte dae.