Skip to product information
1 of 2

Goddelike Skepping - Ewige Verlossing

Eugéne Marais

Regular price R 275.00
Regular price Sale price R 275.00
Sale Sold out
Tax included.

En dit is die getuienis dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in Sy Seun.

God het die mens as Sy kroonskepping geskape, om in harmonie met Hom te wandel op aarde. Adam en Eva is volmaak geskape, vlekloos van enige sonde en God Self het die asem van lewe in hul geblaas. Dit het van die mens 'n lewende siel gemaak, 'n siel wat nooit weer sal sterf nie. 'n Sielsdimensie wat tot in alle ewigheid sal lewe in die hemel vir hulle wat wedergebore is maar vir ewig sal lewe in die hel vir hulle wat in sonde sterf in die vlees. Adam en Eva se sondeval, deur die misleiding van die slang Satan, toe hulle geëet het van die boom van kennis van goed en kwaad, het vêrreikende gevolge vir die ganse mensdom, tot en met vandag nog.

Van daardie oomblik af, het die mensdom 'n verlosser nodig. Alle outoriteit en heerskappy was nou in die mag van die Satan. Die vyand het die ganse wêreld omskep in sy koninkryk van duisternis. Afgodediens en goddeloosheid het van vroeg af soos 'n vloedgolf oor die aarde gespoel. Jesus Christus, die ewige Verlosser, het deur Sy kosbare bloed te offer, gekom om die mensdom los te koop van die mag van die koninkryk van duisternis.

Customer Reviews

Be the first to write a review
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)