Skip to product information
1 of 5

Geestelike Berading

Eugene Marais

Regular price R 295.00
Regular price Sale price R 295.00
Sale Sold out
Tax included.

Die bruid van Christus is in gevangenesskap en die kerk is stukkend en seer en soekend. Die pyle van die vyand verwond die kinders van die Here en skeur roepings uitmekaar.

Daar word ‘n nuwe generasie krygers opgeroep tot dienswerk vir tye soos hierdie. ‘n Generasie wat die stem van die Here hoor en gehoorsaam is aan hulle roepings.

In hierdie handleiding word die werke van Satan openbaar gemaak en sy aanvalstegniek op die kerk, gesinne en die kinders van God word blootgelê.

Uit eie ervarings word die slagveld geopenbaar en bespreek naamlik Jezebel, Kundalini, vrymesselaars, die Godsdiensgees, seksuele sondes, bloedlyne en Belial. Die vurige pyle van die vyand waarmee hy die kinders van die Here verwond en in gevangenisskap plaas naamlik vrees, verwerping, hoogmoed, bitterheid, depressie en rebellie en die okkulte word ook in diepte aangeraak

Klem word gelê op die hantering en genesing van die gewondes. Om hulle wat in gevangenisskap van die vyand is vry te laat en die aangename jaar van die Here aan te kondig.

Alle geestelike beraders sal baat vind by hierdie boek.