Skip to product information
1 of 5

Die Gebarste Granaat

Hephzibah Bräuer

Regular price R 250.00
Regular price Sale price R 250.00
Sale Sold out
Tax included.

God het na Hephzibah geroep op die ouderdom van
vyf-en-twintig en van toe af het sy oor die wêreld se
nasies gereis en bedien onder die Here se lyding.

Nadat ek feitlik die grootste gedeelte van my lewe in ‘n stryd gedompel was om myself te “vind” en “te verbeter”, kon ek slegs daarin slaag op daardie heuglike dag toe Jesus aan die deur van my hart klop en met ‘n hoorbare stem met my praat. Hy het aan my gesê dat dit net Sy Bloed is wat my sonde kan uitwis en al die donker en vuil van my verlede kan reinig en genees. Die doel van die boek is nie om alles te vertel wat ek as jong meisie aangevang het nie, maar om as hulpmiddel te dien. Om die lewens te help verander van elkeen wat worstel en stry en steeds nog nie by die plek van totale oorgawe aan Jesus, ons Verlosser en Heer gekom het nie.

My vurige gebed is, dat elkeen wat steeds op die pad van verwoesting is die wonderlike vreugde sal ervaar wat slegs gevind kan word in die absolute oorgawe en dien van die Koning van alle konings. Mag hulle Hom daagliks waarlik leer ken en vertrou, totdat Hy vir hulle word: Jehovah-Jireh (God my Voorsiener).


- Hephzibah